Op 'n spesifieke Weskustoer speel ons by die Visstokfees op Vredenburg. Die fees gebeur slegs as iemand onthou om dit te reel, wat verklaar hoekom daar van 2003 af nog net drie van hulle was (daar is glo volgende jaar weer een).
Die line-up van die aand was ons, Liquid Fusion, Bed on Bricks en Akkedis, en nog 'n band wie se naam my ontgaan.
Die gig word gespeel in 'n stoorgebou by wat ek dink die skougronde in Vredenburg was. Akoestiek is dus 'n ding waarvan mens al gehoor het. Dit was ook die eerste show waar ons die voorreg gehad het om die gesogte VIP staus te dra. Ons was dus al band wat rondgeloop het met die lawwe geel kaartjies met die vissie op. Backstage (wat nie agter die stage was nie) is ons begroet met 'n Coleman vol bier en 'n bottel van daai Duitse kruielikeur waaroor ons so mal is.
Hier het ons gedink, arrive ons nou. Nou is ons famous.
Die gig het redelik goed afgeloop en aangesien ons heel eerste gespeel het, kon ons daarna heerlik kuier. Ons het gelag vir die ou wat teen die scaffolding vasloop iewers deur die aand. Ons het gewonder watse drugs daai oui met die stywe oe inhet, en ons, veral ek, het een of ander splinternuwe tribal dans uitgevoer tydens Bed on Bricks se set. Dis een van daardie apokaliptiese aande, want ons in mos nou famous.
Later die aand, stap ons oor die gras terug na Jacques se huis toe om te gaan slaap. Daar word ons begroet met sagte banke en 'n TV wat werk. Ek en Anton het gaan slaap en Charl moes eers wag dat sy girlfriend hom bel om nag te se. In die tussentyd het Etienne op die bank voor die TV aan die slaap geraak. Toe Charl nou klaar gesels het ("nee, sit jy eers neer...") en die slapende Etienne op die bank ontdek, sit hy die TV op e-TV se stout movies los die remote op Etienne se bors en gaan slaap.
Sunday, March 29, 2009
die arrival by die visstok
Posted by Nicol du Toit at 8:57 AM
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
0 comments:
Post a Comment